Kontak ons

Posbus 152, Stellenbosch, 7599
 

Faks: 086 628 5477
voorsitter@ste.mcsa.org.za

Bankrekening:

Bergklub van Suid-Afrika Stellenbosch Afdeling

ABSA (Stellenbosch)

Takkode: 334410

Rekeningnommer: 4058594483

  • Black Facebook Icon

© 2019 - BKSA.

10 Pieke stempelprojek

Die 10 Pieke Stempelprojek

Die 10-Pieke Stempelprojek is ’n inisiatief van die Bergklub van Suid-Afrika Stellenbosch Afdeling (BKSA STE). Die doel is om lede aan te moedig om 10 verskillende stempels op ’n stempelkaart te versamel.

 

Hierdie kaarte is verkrygbaar is by die bestuurslid betrokke by die projek, huidiglik Jeannette Marais. Die stempels is op geselekteerde bergpieke geplaas. Volg asseblief die “Lys van pieke stempels koördinate” – vir die lys van peike met stempels. Die rubberstempels met die bergklub se logo, die naam en hoogte van die piek bevat in ’n spesiale houer (saam met stempelkussing en ink) by die baken versteek. Die houer van’n volledig voltooide kaart kwalifiseer vir ’n spesiale prys. Volg asseblief die “Stempelkaarte inhandigings reëls”- skakel. 

 
Die stempel is in 'n aparte roomys bak saam met inkkussing op dieselfde plek waar die boekies by die baken gebêre word, of daar naby. Volg asb die “Voorlegging van stempel plasing” – skakel om te sien waar die stempels geplaas is. Kontak die bestuurslid vir klimprogram by uitstappie@ste.mcsa.org.za indien u meer wil weet of om aan die 10 Pieke Stempelprojek deel te neem. Doen dit sommer nou!
 
Bel vir Jeannette Marais by 072 012 1304 (slegs na-ure) of stuur 'n epos aan: tien-pieke@ste.mcsa.org.za

Besonderhede: